Nicole, ‘n matriekleerling van DF Malan. Ons neem haar, en haar metgesel, Nico, af vir haar matriekafskeid. Sy hou van zumba en ‘hiking’ en hy hou van sokkie en ‘rave’ musiek. Gepas, want ons het omtrent ge’hike’ en gesokkie tydens ons shoot! Ons het gelag, gedans en heerlik ge’pose’ om haar pragtige rok en al die opwinding vas te vang. Sterkte met jou eindeksamen, Nicole!