Ah, watter lekker groep mense saam is hierdie nou vir jou. Onderwysers is mos maar lekker mense 😉 Chané en HD het getrou by die elegante Simondium Country Lodge. Chané is mooi(er) gemaak deur Oulik Vroulik (hare én grimering) en het pragtig gelyk in haar Cherry Blossom Bridal trourok. Hul koek is deur Brenda’s Cakes gemaak. Chané en HD se troue was die definisie van vreugde en pret! Mag dié tema oorloop die res van jul lewens saam. Geluk, julle!